Wie is die LGBA?

Die LGBA is ‘n statutêre liggaam met ‘n jaarlikse verkose bestuur, wat meer as 350 huisgesinne in die Roodeplaat gebied verteenwoordig, meer spesifiek, die oorspronklike plase, Leeuwfontein, gedeeltes van Kameeldrift, Zeekoegat, en Kameelfontein.

Waar kom die LGBA vandaan?

Die LGBA het sy ontstaan gehad toe hierdie gebied in ‘n soortgelyke sekuriteits krisis gedompel was. Dit was die eerste mondstuk vir die inwoners van die gebied, en het geslaag daarin om jaar na jaar, deur die betrokkenheid van die lede, Leeuwfontein en omliggende gebiede ‘n veiliger omgewing te maak. ‘n Handjie vol mense wat geweier het om deur vrees en intimidasie slagoffers van misdadigers te word, het gegroei en saad geskied in die omgewing.

Wat doen die LGBA?

Die doel van die LGBA is om die nodige beskermings en veiligheidsaksies na te streef

Ons kan hierdie doel slegs bereik deur samewerking met die gemeenskap, die SAPD, die SAPD Reserwediens en bestaande Gebieds beskermings aksie-kommitees van aangrensende en omliggende gebiede binne die munisipale gebied van Nokeng.


Die LGBA het volgens, sy grondwet, sekere funksies en pligte teenoor sy lede en indirek ook die bure van sulke lede.

Die Missie van die LGBA

Die missie van die LGBA is om, op ‘n Christelike nie politieke party grondslag, die nodige beskerming vir al die inwoners van die gebied te verseker.

LGBA Lede

79

Ledetal

3

Besigheids Ledetal

0

Lede gehelp in gebied

Website hosted and developed by Inivate Pty Ltd